Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verkragter sit 20 jaar

Verkragter sit 20 jaar
 
2007-03-01


‘n MAN is verlede week tot effektief 20 jaar gevangenisstraf gevonnis weens die ontvoering en verkragting van ‘n elfjarige dogtertjie.

Hy is ‘n totaal van 55 jaar gevangenisstraf opgelê vir poging tot moord asook drie aanklagte van verkragting, maar die vonnisse is samelopend.

Karel Croy is verlede jaar in Februarie in hegtenis geneem nadat ‘n meisie op die plaas De Eike, Agter-Paarl, uit haar ouerhuis ontvoer is.

Sy is later weer voor die huis afgelaai, maar nie voordat sy ernstig aangerand en drie keer verkrag is nie.

Die polisie was toevallig tydens die voorval op die plaas om ondersoek in te stel na nog ‘n klagte van aanranding.

Die verkragte dogtertjie se ma het met haar bloedbevlekte kind in haar arms by die beamptes aangekom en hul hulp gesoek.

Croy, van Vygiekraal, Durbanville, is dieselfde nag van die voorval op die N1 in hegtenis geneem. Sy voertuig se sitplekke was met bloed besmeer.

Hy het na bewering dié aand by sy suster by De Eike gekuier en gedrink.

Later die aand het hy deur ‘n kamervenster geklouter en die slapende dogtertjie gewurg, in sy motor ontvoer en toe verkrag.

Die skuldigbevinding is grootliks te danke aan goeie speurwerk deur insp Deon Nicolas en lede van die Paarl polisie se eenheid teen gesinsgeweld.

* A man has been sentenced to 20 years in jail for rape of a child.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za