Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drie sterf op paaie

Drie sterf op paaie
 
2007-03-01


DRIE voetgangers is die afgelope naweek doodgery op plaaslike paaie.

Vrydagaand is Theresa Volmink op die R44 naby Wellington dood toe sy vermoedelik voor ’n voertuig ingeloop het.

’n Sewejarige meisie is in Mfulenistraat in die woonbuurt OR in Wellington dood toe ’n motor agteruit gery het. Die kind het onder die wiele beland.

Die bestuurder van die voertuig het vir Nikiwe Thania Ntseula agter in sy motor gelaai om hospitaal toe te neem, maar sy was reeds dood.

'n Bejaarde man, Jan Sheldon (72), is Saterdag doodgery in Blignautstraat, Wellington.

’n Woordvoerder van die polisie het voetgangers gemaan om uiters versigtig te wees wanneer hulle die pad gebruik.

Hy het ook voetgangers gevra om helder kleure in die aand te dra en om nie onder die invloed van drank langs die pad te loop nie.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za