Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vlamme verwoes

Vlamme verwoes
 
2007-03-01


’n REUSAGTIGE pakstoor vir uitvoerdruiwe in Windmeul is Maandagnag deur ’n brand verwoes.

Miljoene rande skade is aangerig toe die brand in die vroeë oggendure deur die gebou op die plaas Laborans van JD Kirsten gewoed het.

Die pakstelsel, pakmateriaal, solder asook ’n koelstoor met palette uitvoerdruiwe in die baksteengebou, het in die slag gebly.

Die plaasbestuurder, Willem Brink, het die oggend om 01:45 in sy woning digby die stoor wakker geword van die geluid van die asbesdakplate wat kraak en skiet.

Hy het dadelik ondersoek ingestel en besef die gebou is aan die brand.

Kirsten en die brandweer is in kennis gestel en toe het Brink begin om voertuie en kantoortoerusting voor die vlamme uit te red.

Die plaas se eie brandweertoerusting, krane en pype is ingespan saam met dié van die brandweer van Drakenstein en Kaapse Wynland Distriksraad.

Kirsten het die personeel geloof vir hul vinnige optrede, wat ook verhoed het dat omliggende wonings en wingerde beskadig is.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat die brand deur ’n elektriese kortsluiting veroorsaak is.

Was dit nie die einde van die seisoen nie, sou die skade aan pakmateriaal en die verlies aan ’n stoor en stelsel vir die pak van die tafeldruiwe, veel meer gewees het, het Kirsten gesê.

Die laaste druiwe word nou in ander store gepak terwyl assessors oor die toekoms van die afgebrande stoor besluit.

* Damage estimated at millions of rands was suffered when a table grape packing shed in Windmeul caught fire on Monday night.

- Malané Bosman



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za