Boland Landbou-atlete lyk goed
2007-03-01
HEELWAT goeie prestasies is gelewer deur die atlete van die Hoër Landbouskool Boland tydens die Engen Top 20 atletiekbyeenkoms wat onlangs gehou is.
Die atlete wat daartoe bygedra het dat die skool agtste geëindig het uit die 27 seunspanne wat deelgeneem het, is Rossouw Kruger (o.19 dg 41,89m 2de, gs 14,99m 2de), Deon Kotze (o.17 sg 67,04m 1ste), Braam Steyn (o.15 gs 14,22m 2de, hs 1,70m 3de) en Jaco Olivier (o.17 100m 11,1s 3de). Atlete wat ook baie goeie tye behaal het, is Carel Mouton (o.19 200m 22,7s), Martin du Plessis (o.17 800m 2:01,0s), Lewies Claasen (o.17 800m 2:01,8s) en Benjamin de Kock (o.15 100m 11,6s).
More
News
|