Griekwas boender Boland Kavaliers uit Vodacom-stryd
2005-05-12
DIE Boland Kavaliers se aanslag om hul titel in vanjaar se Vodacombeker-reeks te verdedig is Saterdag deur die Wildeklawer Griekwas, kortgekom.
Die Kavaliers moes Kimberley verlaat met die verkeerde kant van ’n 16-13 telling agter hul naam.
Die halfeindstryd het egter eers in laaste 10 minute, met die Kavaliers wat 13-11 voorgeloop het, in die tuisspan se guns geswaai toe MJ Mentz oorduik vir die wendrie.
Antonius Verhoeven (heelagter) en Jongi Nokwe (vleuel) was die Bolanders se uitblinkers in ’n spannende wedstryd wat die skare deurgaans laat naelskou het.
Solly Goosen het ’n drie deur Nokwe verdoel en ook met twee strafskoppe geslaag.
Die oud-Bolander, Alshaun Bock het die Griekwas se ander drie gedruk en Edrich Prinsloo was in die kol met twee strafskoppe.
More
News
|