Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong ryers kry 'n smakie vir fietstoere

Jong ryers kry 'n smakie vir fietstoere
 
2007-03-01


DIT blyk omtrent ‘n week van fietsry te wees.

Nie alleen spring die Giro del Capo fietsrytoer Dinsdag hier in die Paarl weg nie, maar ‘n plaaslike driedag-fietsrytoer vir die minder ervare ryers word ook die naweek hier gehou.

Die Rhadsport Fietsryklub in samewerking met FGB Wheelers bied die naweek die tweede Ontwikkelingstoer aan.

Die toer is daarop gemik om jong ryers die geleentheid te bied om ondervinding op te doen in fietstoere.

Vanjaar se toer word ook uitgebrei, met jaers wat vanjaar vir die eerste keer in die o.23 jaar ouderdomsgroep deelneem, wat ook toegelaat word om deel te neem.

Sommige Elite-ryers sal ook op uitnodiging van die organiseerders aan die wedren mag deelneem. Vroue-ryers sal toegelaat word om met die o.16 ryers deel te neem, met aparte prysgeld wat op die spel sal wees, mits daar genoeg inskrywings is.

Die totale prysgeld vir die wedren beloop R8000 en ryers in die eerste drie plekke in elke skof sal prysgeld ontvang.

Daarby sal ryers wat die eerste agt posisies in die junior afdeling beklee ook ‘n kontantprys ontvang asook die ryers wat onder die top drie plekke eindig in die o.23 en vroue-afdelings.

Die toer bestaan uit drie skofte.

Die eerste skof begin môre om 16:00 by Boland Park en word afgehandel op die sirkelroete rondom die krieketstadion. Die o.16 ryers moet ‘n afstand van 36km aflê en die juniors en o.23 ryers sal oor 48km meeding.

Die tweede skof is ‘n heuwelklim van 3,5km by die Taalmonument en begin Saterdag 08:00.

Die derde skof sal die middag 14:00 in Markstraat regoor die Paarl Rugbyklub begin.

Die o.16 en vroueryers sal oor 42km jaag, terwyl die juniors en o.23 84km sal aflê. Albei roetes strek om die bekende Simondium/Drakenstein-roete.

Inskrywings vir die toer sal tot ‘n kwartier voor die aanvang van die eerste skof aanvaar word.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za