Young Peoples se Tiere loop hul rieme styf
2007-03-01
DIE Tiere van die Young Peoples Krieketklub het Saterdag weer sy rieme styfgeloop toe hy op Kraaifontein met twee paaltjies teen Oostelikes verloor het.
Peoples kon slegs 157/7 in sy toegelate 60 boulbeurte aanteken, danksy goeie boulwerk deur Wentzel Jeffries (4/36 in 15bb).
Edwin Jacobs (40 4x2) en die jong Lindsay Davy (49 4x4) was die enigste twee Peoples-kolwers wat lopies kon kry.
Die tuisspan behaal 161/8, met Ryno Arendse (47 4x2) en Jeffries (55 4x4) wat die boulers straf.
Die boulers wat hard probeer het, was Gercian Gabriels (3/20 in 12bb) en Lorenzo Jacobs (2/29 in 10bb).
Peoples II het ook sy grootste loesing van die seisoen gelei toe hy op die Daljosafat Stadion met 10 paaltjies teen Van der Stel II verloor het.
Peoples word tot 129 lopies beperk, met slegs Dirkie Marais (38nun 4x4, 6x1) en Jarier Alexander (22 4x3) wat lopies kry.
Die besoekers kry die wenlopies in die 29ste beurt.
Peoples III het egter nog ‘n tree nader gegee aan die liga-titel toe hy Atlantis op Daljosafat met sewe paaltjies geklop het.
Die tuisspan behaal die lopies in die 25ste beurt met slegs drie paaltjies plat, met Stanton Kamalie (92nun 4x9) wat ‘n staatmaker-beurt speel.
Vroeër die oggend het Gershwin Pilander (6/16 in 5bb) baie goed geboul vir die Tiere.
Saterdag speel Peoples I weg teen Coronations op Pniel, terwyl Peoples II tuis teen die Maties te staan kom. Peoples III het ‘n loslootjie
More
News
|