Karnaval
2007-03-08
DIE St Albans Primęre skool op Wellington hou sy jaarlikse karnaval met mallemeule op 16 en 17 Maart.
Bekende sanggroepe en sangers sal optree en daar sal hope stalletjies met kos, ‘n biertuin en ander vermaak wees.
Toegang is R20 (leerders R15). As u voor Vrydag 16 Maart om 17:00 by die skool koop, is dit R15 (kinders R10). Ritkaartjies teen R6 elk, is ook vooraf by die skool te kry.
Die bekende DJ Keith & Salom‚ tree die Saterdag op saam met Jazz Band N2.
More
News
|