Saamtrek vir Paasfees
2007-03-08
DIE VGK Bergrivier op Wellington beplan ’n saamtrek vir Paasfees wat beslis ’n verskil gaan maak.
Alle kerke, maar veral ook kinders en jongmense, word genooi na die byeenkomste van 4 tot 8 April.
Dit begin Woensdag 4 April om 19:30 met ’n jeugdiens gelei deur pastoor Eben Mourries. Om 18:00 is daar ’n optog van Spar in Vanwyksvlei.
Die Donderdag om 07:30 lei ds JC MacKay die Nagmaaldiens en die Vrydag om 08:00 word ’n Kruis-optog gehou van Mannies tot by die kerk. Om 10:00 is daar 'n erediens.
Die middag om 15:00 word ’n opelugdiens gehou en om 18:00 is daar ’n Kruis-opvoering en geestelike danse by die kerk.
Die Saterdag om 10:00 hou die gemeente basaar en die aand om 19:00 is dit kampvuurtyd met sang en koortjies, gereël deur Koinonia. Sondag om 06:00 lei ds MacKay ’n opstandingsdiens by die Pelikaanstraat begraafplaas en om 10:00 is daar ’n erediens by die kerk.
Die saamtrek word om 15:00 afgesluit met ’n sangmiddag. Kontak Johan Wagenstroom (082-847-2225) of Sean Fortuin (073-890-9383).
More
News
|