Wintermodes op spyskaart
2007-03-08
’n BEKENDE mode-aankoper sal Saterdag 17 Maart in Wellington lede en gaste van Jong Dames Dinamiek ’n voorskou gee van vanjaar se wintermodes.
Karel Leerink, die man wat ook die uitrustings vir Karin Kortjé en die ander Idols gekies het, is genooi na ’n ontbyt by die nuwe restaurant To Dine For in Fonteinstraat.
Ná sy modewenke is daar ook ’n praatjie gemik op die vrou, raad rakende die opstel van testamente deur Marie van der Walt van Ou Mutual.
Die gesels-ontbyt begin om 08:30 vir 09:00 en kos R50 per persoon. Al is Jong Dames Dinamiek ’n vereniging vir vroue tussen 18 en 40 jaar oud, is almal welkom.
Vir kaartjies, skakel Lottie Aylward by 082-821-1387.
More
News
|