Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Baie warmte na die nat

Baie warmte na die nat
 
2007-03-08


DIE paaie om die Paarl, gladder as gewoonweg as gevolg van eerste water op ou oliekolle, het Saterdag die ondergang van talle motoriste beteken.

In dieselfde kwartier tot 16:00, het ’n bakkie van ’n sekuriteitsmaatskappy by die ingang na Wellington van die pad gegly, het ’n ligte vragmotor tussen die Paarl en Mbekweni in ’n sloot beland, en het ’n vragmotor op ’n draai op Dutoitskloofpas omgeslaan.

Die 30mm reën wat van Saterdagmiddag tot vroeg Sondagoggend gemeet is, het saam met die skielike koue ’n demper op die tweede dag van die Wingerdfees geplaas.

Vandag word warmer weer (35 grade) vir die Paarl omgewing voorspel, met môre nog warmer (39 grade) voor die naweek wanneer die kwik weer sal sak van 34 grade Saterdag tot 26 grade Sondag en moontlik bewolk.

* Hot weather will make up for last weekend’s rain.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za