Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Meisie verdwyn in middedorp

Meisie verdwyn in middedorp
 
2007-03-08


’n MOEDER se angs oor haar dogtertjie se veiligheid is nog duidelik op haar gesig te lees, al is klein Kelly April ’n uur later veilig in die Paarlse middedorp gevind.

Kelly (2) het Saterdagoggend uit Clicks verdwyn terwyl sy en haar ma inkopies gedoen het.

Na ’n soektog tussen die rakke en toe straat-af en straat-op is die dogtertjie met die pienk haarlinte uiteindelik in ’n nabye klerewinkel opgespoor.

“Ek weet nie hoe sy daar gekom het nie,” het Zelda later gesê. “Kelly het gehuil. Sy wil my glad nie uit die oog verloor nie.”

Die angs oor haar dogter het weer die seer wakker gemaak van ses jaar gelede, toe haar seuntjie, toe ook twee, gesterf het in ’n brand wat deur sy pa gestig is.

Francois de Koker is later aan moord skuldig bevind.

“Ek het koue rillings. Dit voel soos gister en bring my weer tot stilstand.

“As Kelly moes ontvoer gewees het, sou ek nie geweet het wat om te doen nie. In sulke tye is daar nie raad wat jy vir jouself kan gee nie.”

* A mother is still in shock after her baby daughter disappeared in Paarl’s central business district on Saturday. She was reunited with her mother an hour later.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za