Drie sterf in een nag
2007-03-08
DRIE mense is Woensdagaand kort na middernag dood in twee afsonderlike ongelukke.
Om twintig oor twaalf het die bestuurder van ’n wit Toyota Corolla wat onderweg was na Franschhoek vermoedelik beheer oor die voertuig verloor kort voor die afdraai na Pearl Valley landgoed.
Die motor het verskeie kere gerol voordat dit teen ’n boom te staan gekom het.
Catherine Matthee van Plumbagostraat, Paarl-Oos, en Johanna Sias van Franschhoek is uit die voertuig geslinger en is op die toneel dood.
Die bestuurder, Chris Hoffman, is met ernstige beserings na die Paarl MediClinic geneem, maar is later oorgeplaas na Tygerberg Hospitaal. Nog ’n passsier, Raymond Clark, het geringe beserings opgedoen.
Skaars tien minute na dié grusame ongeluk is ’n man dood in ’n ander botsing op die Ou Paarl-pad naby Simonsvlei.
Die oorledene, Nyamiso Klaasen (22), is dood toe ’n band van sy Isuzu bakkie vermoedelik gebars het. Die voertuig het hierna ook gerol.
Sy niggie wat in die voertuig saam met hom was, Judy Mpolweni, het ernstige kop- en armbeserings opgedoen.
* Three people died in two crashes.
More
News
|