Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisiewapen vir doodskoot gebruik

Polisiewapen vir doodskoot gebruik
 
2007-03-08


DIE dood van ’n man van Paarl-Oos, wat in 2005 aan ’n skoot uit die dienspistool van ’n polisievrou gesterf het, is weer onder die soeklig.

Denver Kannemeyer (toe 24) van Groenheuwel is in die ouerhuis van sy vriendin, konst Levona Davids van Annie Benjaminstraat, Paarl-Oos, doodgeskiet.

Die masjienoperateur het die dag oudergewoonte sy vriendin met wie hy vier jaar ’n verhouding gehad het, ná werk by die Paarl polisiestasie gaan haal.

By die huis aangekom, het Davids na bewering haar dienspistool in ’n kluis toegesluit en is sy weer na buite om die motor skoon te maak.

Kannemeyer sou ’n bietjie in die slaaplamer rus.

Die konstabel se suster was blykbaar in haar eie kamer en hul moeder buite toe ’n skoot geklap het. Kannemeyer is met ’n skietwond in die kop ontdek. Die dienspistool is by die liggaam gevind.

Daar is oorspronklik geen misdaad vermoed nie.

Die ondersoekbeampte, kapt Graham Adams, het egter met forensiese getuienis deur hom aangevra, versoek dat ’n geregtelike nadoodse ondersoeksaak in ’n ope hof aangehoor word.

Dit was ná latere sprake van ’n moontlike gestoei waartydens die pistool sou afgegaan het. Getuienis van tekens van kruit aan die hande van ’n vrou, sal in die hof getoets word.

Kannemeyer se familie het sedert die voorval, in Februarie twee jaar gelede, steeds volgehou dat die dood nie aan hul seun se eie hand was nie.

“Die Here wil hê die waarheid moet uit,” het sy moeder, Sharon Windvogel, hierdie week gesê.

Die saak word op 14 Mei in die Paarl landdroshof aangehoor. Jacomina Swart is die aanklaer.

Davids word verteenwoordig deur adv Sakkie Kroukamp terwyl Christie Viviers vir die Kannemeyer-gesin optree.

* Evidence possibly linking a Paarl policewoman to the death of her boyfriend, will be heard in court in May.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za