Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Reen blus nie gees by Wingerdfees

Reen blus nie gees by Wingerdfees
 
2007-03-08


DUISENDE mense het die Paarlse Wingerdfees bygewoon, en selfs die harde reënbuie van Saterdag kon nie die feestelike gees demp nie.

André (Righty) Retief (feesdirekteur) en organiseerder Francois Smit sê die fees het ’n groot tree vorentoe beweeg om een van die grootste feeste in die Wes-Kaap te word.

Sowat 4500 mense het Vrydagaand se vertonings bygewoon en mense van regoor die Wes-Kaap was gaande oor die program.

Kurt Darren het die mense konstant op hul voete gehad en Nicholis Louw het dit net nog verder geneem.

“Dit was absoluut uit die boonste rakke,” sê oud-Paarliet Carel van Vuuren.

Hy vertel dat sy kinders sy arm gedraai het om die Vrydagaand by te woon en hy is glad nie spyt nie.

“Dit was ongelooflik. Die beheer by die hekke, die sekuriteit en ag, sommer alles wat gepaard gaan met so ’n fees, was uit die boonste rakke.”

Retief sê die gedrag van die skare was baie goed en daar was geen ernstige probleme nie.

“Dit is duidelik dat die fees baie verbeter het teenoor verlede jaar se loodsing.”

Saterdag is die fees in die groot tent voortgesit, ten spyte van die reën.

“Die fees was vir jou nat en lekker,” laat weet Ciceel Wentzel van die Boeremusiekgilde.

“Die Boeremusiekorkes het ook opgetree en hulle moes alles verskuif na die Hoenderkoptent, maar dit was nog steeds lekker.

“Reën hou nie alle mense weg van so ’n fees nie,” sê sy.

Die organiseerders sê die voorafreëlings het vlot verloop, ten spyte van vandalisme wat die bemarking in die wiele gery het.

Plakkate is by verskeie geleenthede van lamppale in die dorp verwyder en die feeskomitee het ’n saak by die polisie aanhangig gemaak.

Op ’n effens suur noot, sê die komitee: “Dit is jammer dat daar plaaslike inwoners en instansies is wat koud staan teenoor hierdie fees, wat vir die dorp en besighede net bevorderlik is.

“Ons vertrou dat die Paarl se inwoners nou ná twee jaar die bewyse het dat so ’n fees suksesvol aangebied kan word.

“Hordes mense gaan gewoonlik na ander dorpe vir feeste, maar diegene wat die Wingerdfees vanjaar misgeloop het, kan verseker spyt wees.”

Die feeskomitee het alle ondersteuners bedank, veral diegene wat hulle nie deur die reën laat afsit het nie.

* Even the rain on Saturday could not dampen the spirit of the Vineyard Music Festival held in Paarl.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za