Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot vrae oor Raad se finansies

Groot vrae oor Raad se finansies
 
2007-03-08


DIE waarnemende hoof van finansiële dienste van Drakenstein Munisipaliteit sal moet gaan sit en sy reaksie op die jongste verslag van die Ouditeur-Generaal (OG) oor plaaslike finansies weer deurdink, volgens ’n besluit van die stadsraad verlede week.

Toe Cavin Petersen (waarnemende hoof van finansies) se verweer teen die Ouditeur-generaal (OG) se kritiek op die finansiële verslag vir die jaar tot 20 Junie 2006 verlede week vir goedkeuring ter tafel gelę is by ’n raadsvergadering, het die DA, met die hulp van die OD en ander minderheidspartye, ’n amendement ingestem waarin hulle eis dat sekere sake terugverwys word na die Burgemeesterskomitee en die Munisipale Bestuurder.

Hy moet ook verslag doen oor die redes vir die probleme genoem; aandui watter departemente en departementshoofde verantwoordelikheid moet aanvaar; en aandui watter stappe geneem is om ’n herhaling te voorkom.

Verder moet die versuim om beweerde onreëlmatige uitgawes, diefstal of bedrog aan die polisie te rapporteer, bespreek word deur die Burgemeesterskomitee, met die opdrag dat moontlike strafregtelike oortredings van oudwerknemer Ian Kenned binne sewe dae aan die polisie gerapporteer word (teen gister kon die polisie nog nie ontvangs van die klag bevestig nie). Die volledige relevante KPMG verslag moet terselfdertyd aan die polisie beskikbaar gestel word.

Die DA stem saam met die gevolgtrekkings van die Ouditkomitee dat Bestuur prioriteit moet gee aan aksies om die probleme uitgewys in die verslag reg te stel.

Hulle stem egter nie met die Ouditkomitee se mening saam dat die kwalifikasies van die state toegeskryf word aan die vereistes gestel in nasionale tesourie se sogenaamde ‘laat’ tegniese memorandums nie.

Raadslid Koos Louw, leier van die DA in die Raad, sę: “Goeie finansiële praktyke soos die daarstel en byhou van die nodige bateregisters en die voorsiening in die balansstaat (reserwes) vir verpligtinge van die Munisipaliteit (aftreevoordele) het nie ‘tegniese memorandums’ nodig om dit te reël nie - dit moes gedoen gewees het, selfs in die afwesigheid van sodanige memorandums.”

Die DA sę probleme waarteen hulle meer as ’n jaar gelede (14 Desember 2005) beswaar gemaak het met betrekking tot die vorige OG-verslag, duur voort.

Die huidige state word gekritiseer wat betref eiendom, aanleg en toerusting, werknemervoordele, langtermyn-ontvangste en skuldenaars. Die vaste bateregister is onvolledig ten opsigte van beskrywing en ligging, wat bewyslewering bemoeilik.

Die titelaktes vir 24 eiendomme ter waarde van R32 402 357 kon nie voorgelę word om eienaarskap te bevestig nie.

Die verslag verwys ook na bates van meer as R4 miljoen wat opgeveil is sonder dat enige goedkeuring van die Raad voorgelę kon word.

Die geldigheid, akkuraatheid en volledigheid van debiteure kon nie bevestig word nie.

’n Nie-roetine joernaal ter waarde van R3 953 369 is op 30 Junie 2006 gedoen om die debiteure-kontrolerekening te balanseer. ’n Bedrag van R1,4 miljoen in die joernaal kan nie gestaaf word nie.

Die lys van skuld wat afgeskryf is ter waarde van R74,5 miljoen stem ook nie ooreen met die raad se goedkeuring vir R71,7 nie.

“Die OG se kwalifikasie betreffende bates beteken dat ongeveer R500 miljoen van die bate-items in die balansstaat (ongeveer 70%) gekwalifiseer is,” sę raadslid Louw.

“Derhalwe kan die afleiding gemaak word dat die items onder hierdie afdeling van die balansstaat ook nie die werklike toedrag van sake weerspieël nie.”

Volgens die notas van die Hoof van Finansiële Dienste word slegs R42 miljoen uit reserwes van R368 miljoen deur kontant gedek.

“'n Bedrag van R326 miljoen is dus vervat in die balansstaat as reserwes, maar daar is geen kontant om dit te dek nie.

“Sonder verdere aanvaarbare verduidelikings wil dit voorkom asof ’n groot deel van die sogenaamde reserwes op ‘window dressing’ neerkom.

“Dit kan wees dat die boekreserwes aangewend is vir ander doeleindes, maar dan moet dit openbaar word en die boekreserwes aangepas word om die werklike toedrag van sake aan te dui.”

Die DA het ook probleme rondom die kasboekbalans, voorsienings wat weggelaat is, prestasiebonusse en oortyd.

“Die DA kom tot die DA die gevolgtrekking dat sowel die bate- as laste-kant van die balansstaat nie ’n feitelike weerspieëling van die korrekte stand van die munisipaliteit se finansiële sake is nie.”

* The DA has criticised municipal finances.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za