Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kaap Agri presteer ondanks druk

Kaap Agri presteer ondanks druk
 
2007-03-08


“TEN spyte van die vorige twee uiters droë seisoene en produkpryse wat onder druk was, het Kaap Agri goed presteer”.

Dit was die algemene strekking van die boodskap van die voorsitter, George Eksteen, tydens die algemene jaarvergadering wat onlangs op Malmesbury gehou is.

Kaap Agri het gedurende die jaar die bates van Namakwalandse Landbouköoperasie bekom en daardeur nog agt handelstakke tot sy bestaande netwerk van 38 handelstakke gevoeg.

Kaap Agri het nou 98 bedryfspunte wat oor 56 dorpe en plekke versprei is.

Die totale omset was R2,1 miljard en die totale verdienste het toegeneem met 27% tot R181 miljoen.

Die Groep het gedurende die jaar daarin geslaag om sy rentedraende skuld met 29%, of R129 miljoen te verminder, selfs na die NLK transaksie in kontant betaal is.

Dit was daarom dus ook moontlik om die dividend te verhoog met 47%.

Pioneer Voedsel, in wie Kaap Agri ‘n 22% belang het en wie se resultate op ‘n ekwiteitsgrondslag in Kaap Agri se resultate opgeneem word, se wesensverdienste het met 4% toegeneem.

Die Groep se aandeelwaarde het, soos dié van sommige ander groot landboumaatskappye, ook die afgelope tyd groot belangstelling gewek, en die aandeelprys het sedert die amalgamasie in 2005 reeds toegeneem van 80 sent na die huidige verhandelingsprys van R6,00. Teen dié prys is die Groep se markkapitalisasie R1,2 miljard.

Volgens Eksteen bly Landbou, ten spyte van normale oeste en ‘n stabiele landsekonomie, steeds uitgelewer aan internasionale wisselkoerse wat hulle produkpryse beïnvloed.

Uitvoerprodukte ding mee met gesubsidieerde produkte in die buiteland, terwyl selfs produkte wat binnelands verbruik word, se pryse bepaal word deur invoerpariteit.

Wat die toekoms aanbetref sê Eksteen dat Kaap Agri die proses om sy infrastruktuur op te gradeer en te vernuwe, gaan versnel en ook na nuwe geleenthede gaan soek."



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za