Kyk na `Snip en Rissiepit'
2007-03-08
DIE 1973-rolprent Snip en Rissiepit word op Maandag 19 Maart om 09:30 in die Paarl by die Afrikaanse Taalmuseum vertoon.
Die gaskunstenaar is Christine Stevens, wat die rol van die ma vertolk in die rolprent Snip en Rissiepit. Dié oud-aktrise het ook verskyn in die films Lindie (1971) en Salomien (1972).
Kaartjies kos R15 (ligte verversings ingesluit) en moet voor 12 Maart bespreek word by Natasha (021-872-3441) of Elizabeth (021-872-2651).
More
News
|