Reen knip krieketwedstryde kort
2007-03-08
NIE veel krieket kon Saterdag in die Paarl en omliggende gebiede gespeel word nie, weens die hewige reën wat in die middag uitgesak het.
Op New Orleans het die spanne van GM Thorp Paarl-Oos en Victoriane darem ’n kort speelkans gekry, voordat die sluise oopgemaak het.
Die tuisspan het die loot gewen en die studente ingestuur om te kolf. Vics behaal 123/6 voordat die reën die wedstryd tot ’n einde gebring het in die 38ste beurt.
H Ingwersen (23 4x3) en R Jacobs (37 4x1) was op daardie stadium die besoekers se beste kolwers.
Die vyf boulers van Paarl-Oos het almal met een paaltjie tot die boulaanval bygedra terwyl ’n skitterende 30m ingooi van Bruce Miller vir ’n uithardloop gesorg het.
Paarl-Oos is tans derde op die punteleer in die Premierliga Skild-kompetisie, ná Van der Stel en Vredenburg/Saldanha.
Paarl-Oos II se wedstryd teen Paarl het ook uitgereën.
Paarl was ná 42 boulbeurte op 164//2, danksy goeie beurte deur Alfredo Adams (41), Lindsay van der Bergh (40), W Anderson (46nun) en G Adams (24nun).
Dane Schoor (2/38) het goed geboul.
Saterdag speel Paarl-Oos I tuis teen Van der Stel, Paarl-Oos II speel weg teen Wellington en die derde span speel tuis teen Young Peoples.
More
News
|