Johnny Clegg gaan Paarl skud
2007-03-08
DIE internasionaal bekende sanger, Johnny Clegg, tree Saterdag om 20:30 by die Paarlse Amfiteater op. Hy gaan nie net sy treffers soos Impi, Scatterlings of Africa en treffers van sy nuwe CD, One Life sing nie, maar die gehoor kan ookuitsien na energieke en unieke dans, wat oor die jare sinoniem met Johnny Clegg geword het.
Die bekroonde groep Freshlyground gaan die aand open met onder meer hul treffer, Doo Bee Doo.
Hulle het onlangs ook die MTV-toekenning ontvang vir beste groep uit Afrika, 'n bewys van hulle talent en vermaaklikheidswaarde.
Die hekke open reeds om 16:00 om vir besoekers die geleentheid te gee om lekker kos en wyne van die Paarl te geniet.
Geen piekniekmandjies, eie drank of vuurwapens sal toegelaat word nie.
Alle besprekings kan gedoen word by Computicket Paarl of tel 083-915-8000. Bespreekte sitplekke kos R100 tot R150.
* ‘n Gratis glasie sjerrie, veilige parkering en ‘n vervoerdiens na die amifteater en terug – dit is wat mense wat Saterdagaand na die Johnny Clegg-konsert op Paarlberg gaan, te wagte kan wees as hulle van Laerskool Courtrai se dienste gebruik maak.
Parkeer jou motor by die skool teen R20 en maak gebruik van hulle vervoerdiens, teen R5 op na die amfiteater en weer R5 terug.
More
News
|