Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nouveau fees herleef

Nouveau fees herleef
 
2007-03-15


NA die uiters suksesvolle Vatwynproefees wat hulle onlangs gesamentlik op die Nelson Wynlandgoed aangebied het, beplan nege wynkelders van die Windmeul streek in Agter-Paarl om nuwe lewe in die Paarl Nouveau Wynfees, wat toentertyd in die Paarl gehou was, te blaas.

Die fees gaan op Saterdag 24 Maart en Sondag 25 Maart aan die voet van die Paarlberg te Rhebokskloof gehou word.

“Ons bring die fees berg-af”, verduidelik Vernon Cole, die voorsitter van Pearl’s Gate, “en ons beplan ‘n fees van formaat!

Pearl’s Gate bestaan uit nege wynkelders in die Windmeul streek (Bernheim; Boland; Crows Nest; Nelson; Ridgeback; Rhebokskloof; Rose Garden; Under Oaks en Windmeul) wat ‘n strategiese alliansie aangegaan het om hulle mini-wynstreek te bevorder.

Nouveau Wynfeeste word in ander dele van die wˆreld kort na die oes gehou om die seisoen se nuwe wyne ten toon te stel.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za