Koos Kobuis sing by Waterpoel
2007-03-15
DIE gewilde sanger Koos Kombuis tree Saterdagaand op by Waterpoel (Slot van die Paarl).
André Letoit (oftewel Koos Kombuis) met sy bottel Beyerskloof sal dié aand sorg vir besondere vermaak by hierdie informele kuierplek.
Die intieme teater is geleë in ‘n ou skuur aangrensend aan die eienaar se huis en is goed geventileer vir someraande.
In die winter is daar ‘n groot kaggel wat brand.
Kaartjies kos R120 per kop en sluit in ‘n heerlike smulbord vingerkos uit Trudy Oosthuizen se kombuis. Bespreek by 082-896-9863.
More
News
|