Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Liefdesliedere by Mooikelder

Liefdesliedere by Mooikelder
 
2007-03-15


SONDAG om 18:00 is dit weer Musiek in die Voorhuis by Mooikelder Hherehuis buite Paarl.

Vir almal wat in Februarie te warm gekry het om Valentynsdag te vier, gee Adri Louw en De Wet van Rooyen hierdie naweek ’n tweede kans met ’n heerlike program van liefdesliedere met begeleiding deur Liz Carstens.

Dit besing sommer die hele liefdespektrum met ’n rits bekende, en beminde liefdesliedere, soos ‘Do you love me?’ uit Fiddler on the Roof, Marlene Dietrich se ou bekende, ‘I’m falling in love again’, asook Josh Groben se ‘You’re still you’.

De Wet van Rooyen het geen bekendstelling nodig nie. Hy sing reeds van 1975 professioneel en was twee maal wenner van die Nederburg Prys vir Opera, asook die Fred Dalberg Prys vir Europese Studie.

Adri Louw is sedert 1993 ’n gereelde lid van die Kaapstadse Operakoor en doen ook baie solo-optredes.

Die konsert begin om 18:00 en die toegang is R50 pp (kinders en pensioentrekkers R30).

Kom gerus vroeër, bring ’n piekniek en geniet die uitsig oor die wingerde en berge. Navrae en besprekings by 021-869-8787 of 082-749-8936.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za