Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Frank Pietersen vier groot fees

Frank Pietersen vier groot fees
 
2005-05-19


VANJAAR 35 jaar gelede het die Frank Pietersen Musieksentrum in Paarl sy eerste treë gegee.

Deur die jare, met baie stampe en stote, het die sentrum van krag tot krag gegaan.

Ná ’n reses in 1988 het die sentrum weer met agt leerders begin.
Intussen het die leerdertal gegroei tot sowat 456.

Die sentrum beplan nou, voor die groot feeskonsert in Augustus, ’n dankseggingsdiens op Donderdag 26 Mei om 19:00 in die Toringkerk.

Hulle eerste prioriteit is om dankie te sê, maar hulle wil ook die talente van leerders met almal in die Paarl deel.

Verskeie ensembles gaan dan ook gedurende die diens optree.

Alle oudleerders, ouers en belangstellendes word genooi om die geleentheid met hulle te deel.

Navrae kan gerig word aan N Carstens by 872-2123/4.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za