Paarl-Oos sukkel kwaai teen Van der Stel
2007-03-15
ONDANKS ‘n positiewe ingesteldheid om die lopies te jaag, kon Paarl-Oos Krieketklub nie Saterdag daarin slaag om ‘n sege oor Van der Stel te behaal nie.
Op New Orleans was dit Van der Stel wat eerste voor die penne stelling ingeneem het, en 198/10 op die telbord gesit het, met die laaste paaltjie wat met die tweedelaaste bal kantel.
Die kolwers wat onder die boulers ingeklim het, was C Lotz (40 4x7), Rupert Bailey (33 4x5), Henry Fourie (32 4x2, 6x1) en Malcolm Stuurman (32 4x2).
Die tuisspan se beste boulers was Waylain September (3/29 in 15bb), Wayne Minnies (3/53 in 15bb) en Tiaan Cloete (3/21 in 5,5bb). Die manne van GM Thorp Paarl-Oos Krieketklub kon slegs 186/9 in hul toegelate 60 boulbeurte behaal.
Die uithardloop van September (20) asook die kaptein Jackie Daniels (23 4x3) en Cloete (64 4x9), het die Paarliete se poging gekelder.
Paarl-Oos het op ‘n stadium 76/4 in die 27ste beurt gehad. Daniels en Cloete se vennootskap van 89 lopies het die tuisspan egter goed op koers geplaas vir ‘n oorwinning, maar goeie boulwerk van Jacques Krynauw (2/32 in 15bb) en Jesse-Owen Simonse (2//29 in 12bb) het hulle verhoed om die teiken te behaal.
Die wedstryd eindig dus gelykop.
Op die Pen Basson-veld was Paarl-Oos II (127/4) gans te sterk vir Wellington II (126/10).
Die besoekers se uitblinkers was Justin Watts (6/35 in 15bb), Garth Lewis (2/17, 26 4x3) en Ashley Abrahams (52nun 4x5, 6x3).
C Williams (20 4x3), R Jephtha (33 4x5) en H September (3/27) het moedig vir Wellington probeer.
Op Allandale het Paarl-Oos III (117/2) ook baie gemaklik met Young Peoples III (116/10) afgereken.
Peoples se beste spelers was Heino Erasmus (22 4x4), Ryan Jordaan (22 4x3) en Bradley Seconds (27 4x4).
Vir Peoples het Hershell Baron (43 4x4) en W Cupido (28 4x5) die lopies gemoker.
Saterdag speel Paarl-Oos I en II tuis teen Vredenburg/Saldanha en Brackenfell onderskeidelik.
More
News
|