Woef sê dankie
2007-03-15
GRAAG wil ons net ’n yslike groot honde-dankie sê aan almal wat bereid was om met Paarl DBV-blikkies te staan op 3 Maart, en ’n lekker nat-snoet soen vir almal wat iets in die blikkies gegooi het.
Dit word opreg waardeer, want ons het die mooi bedrag van R2850 ingesamel. Ons volgende blikkie- staandag is op 6 Oktober. Hoop ons sien julle weer daar.
Diere by die SPCA Paarl
More
News
|