Noodgeval met bus
2007-03-15
EK wil dit beklemtoon dat die betrokke bus waaroor daar berig is in die Paarl Post van 8 Maart padwaardig en gelisensieerd was en dat my familie (die eienaars) baie keer van dié bus gebruik maak. Die bus se bynaam onder die drywers is juis Mnr Betroubaarheid. Ons was besig om die bus te herstel (die sitplekke is onder meer gevandaliseer), toe die bus onverwags ingespan moes word nadat ’n ander bus gebreek het. Daarom was die ruitveërs en een flikkerlig nie in plek nie.
Tans vervoer ons elke dag 700 kinders met tien busse waarvan nie een ooit in ’n ongeluk betrokke was nie.
Baie klubs en ander organisasies maak oor naweke van ons busse gebruik teen ’n verlaagde tarief. Ons is dankbaar om ’n verskil te kan maak.
Yazeed Moerat
More
News
|