Onderduimse motorhandelaar
2007-03-15
EK wil my misnoeë te kenne gee met die uiters swak diens en onderduimsheid van Riaan Pretorius Motors.
In Oktober het ons twee voertuie by ‘n handelaar in Wellington gekoop en tesame daarmee polisse uitgeneem wat die herstel van die voertuie sou dek.
Riaan Pretorius Motors het die polisse hanteer en die polisdokumente aan ons verskaf.
Toe ons in Januarie vanjaar probleme met die een motor ondervind, het die werktuigkundige gesê dat hy slegs ons polisnommer vir die betrokke voertuig nodig het voordat herstelwerk gedoen sal word en dat hy dan sal eis van die versekeraars.
Die versekeraars stel ons toe in kennis dat daar nie sulke polisse bestaan nie, want Riaan Pretorius het nooit die betrokke bedrae vir die polisse aan hulle oorbetaal nie.
By verdere navrae het mnr Pretorius allerhande verskonings gehad waarom dit nie gedoen is nie, maar volgens die versekeraars moes die geld volgens wet binne 30 dae na die kooptransaksie aan hulle oorbetaal gewees het. Meer as twee maande het op daardie stadium al verstryk.
Die gevolg is dat die versekeraars weier om die geld van Riaan Pretorius te ontvang omdat dit nie die eerste keer is dat soortgelyke probleme met hom ondervind is nie.
Pretorius het na ‘n klomp telefoonoproepe en gesprekke waarin ‘n polisieklag genoem is, ‘n tjek aan ons uitgemaak vir die betrokke bedrag wat hy nagelaat het om by die versekeraars in te betaal.
Hy het geweier om die koste wat ons moes aangaan vir die regmaak van die voertuig te betaal. Volgens my moes hy dit ook betaal het, siende dit sy skuld was dat die polisse nie in werking was nie.
As ons voertuie dus nie in die volgende twee jaar gebreek het nie, dan het ons betaal vir polisse wat nie eens bestaan het nie!
Ek rig ‘n vriendelike waarskuwing aan mense wat met hom wil besigheid doen - maak oop julle oë!
Uiters ontevrede kliënt
More
News
|