Nog provinsiale kleure vir Martie
2007-03-15
DIE veelsydige atleet Martie Stoumann het verlede week haar beoogde driekuns behaal toe sy in die Boland Tweekamp-span opgeneem is.
Dit is die derde sportsoort binne ses maande waarvoor sy provinsiale kleure ontvang.
“Dit was die lekkerste gevoel nog om te hoor dat ek in die span ingesluit is,” het Martie gesę. “Dit maak al die harde werk en opofferinge die moeite werd.”
Buiten die Boland Tweekamp het sy ook WP-kleure in beide die Duo- en Driekamp verwerf.
Tydens die Boland Tweekamp het Stoumann ‘n tweede plek behaal deur die 1km draf en 100m swem onderskeidelik in drie minute 30 sekondes en een minuut 25 sekondes te voltooi.
Sy het onlangs ook aan die SA Driekamp deelgeneem en agtste geëindig. Hier het sy die 1,5km swem in 26 minute afgelę, die 40km fietsry in een uur 38 minute en die 10km hardloop in 50 minute klaargemaak.
Stoumann neem op 7 April deel aan die SA Tweekamp-kampioenskappe in Bellville.
More
News
|