Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarliet in Kunstekaap

Paarliet in Kunstekaap
 
2007-03-15


’n DROOM is besig om waar te word vir ’n pragtige, jong aktrise van die Paarl.

Ilecia Jacobs speel op die oomblik die rol van Kitty in Dalene Matthee se gewilde ‘Fiela se Kind’.

Dié stuk is na twintig jaar weer op die planke, met June van Mersch as Fiela.

“Dit is my heel eerste groot rol,” vertel ’n opgewonde Ilecia.

Sy het in die Paarl Post gelees van die oudisie en dit bygewoon. “Vir drie weke het ek niks gehoor nie, en ek was seker ek het dit nie gekry nie.

“Ek was baie verbaas en só opgewonde toe hulle my uiteindelik bel en sê ek het dit gekry.”

Ilecia het in 2001 matriek geskryf by Charleston Hill en daarna het sy Acting & Presentation by City Varsity studeer en ook ’n jaar dramakursus by Northlink College.

Sy wou nog altyd aktrise word, vertel sy, en nou is dit besig om te gebeur.

Fiela se Kind is tot 31 Maart by Kunstekaap.
Besprekings by Computicket, 083-915-8000. Daar is spesiale opvoerings vir skoolgroepe aangesien Fiela se Kind ook n voorgeskrewe werk is. Vir besprekings, kan Cecile Kleyn geskakel word by 011-815-4395 of 083-252-4937.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za