Diabete en hul oë
2007-03-15
DIE Paarl Diabetes Ondersteuningsgroep vergader weer op Woensdag om 19:00 in die Holy Trinity-saal (oorkant Droomers Motors) in Hoofstraat, Paarl.
Kom luister hoe om u oë te hanteer en te versorg - ‘n belangrike onderwerp vir die diabeet. Die spreker is dr Ignatius van der Spuy.
Bring ook enige diabeet en/of metgesel en belangstellende saam. Nuwe diabete welkom. Pryse kan ook gewen word.
Die volgende vergadering is Woensdag 18 April en die onderwerp is monitering. Die groep vergader elke derde Woensdag van die maand en bywoning is gratis. Navrae by suster Kamaretha Becker (021-871-1808) of Gerrit Malan (021-871-1389).
More
News
|