Paul Roos gee Gim pak in die Paarl
2007-03-15
ONDANKS ’n 'hondmak' kolfblad is die o.19A krieketspan van Paarl Gim in hul eie agterplaas Saterdag ’n loesing deur Paul Roos Gimnasium toegedien.
Paul Roos (219/7) het die Paarliete (151) met 68 lopies geklop.
Paarl Gim se uitblinkers was Stokkies Hanekom (4/44 in 10bb), Ian Opperman (1/25 in 10bb), Imran Nackerdien (21) en Danie van Zyl (20).
More
News
|