Tweejarige wees gelaat
2007-03-15
地 TWEEJARIGE dogtertjie is wees gelaat nadat haar ma met 地 houtpaal doodgeslaan is.
Renthia Pietersen (20) van die plaas Napier in Wellington is na bewering Saterdagmiddag deur 地 besope sestienjarige seun geteister.
Hy het haar agtervolg terwyl sy op pad terug was na die plaas. Sy is verskeie kere met 地 houtpaal teen die kop geslaan.
Pietersen se dogtertjie, Roleshia Meyer, is nou wees gelaat na haar dood.
Die minderjarige het Dinsdag in die Wellingtonse Landdroshof verskyn op aanklag van moord.
In nog 地 voorval is Willem Samson (42) Sondagmiddag in Sandstraat, Mbekweni, dood toe hy met 地 mes aangeval is.
Dawid Willemse is in hegtenis geneem in verband met die voorval.
* A two-year-old has been orphaned after her mother was bludgeoned to death.
More
News
|