Kompetisie vir digters
2005-05-19
DIE Afrikaanse Taalmuseum nooi alle graad 11 en 12 leerders uit om gedigte in te stuur vir ’n poësie-kompetisie. Die wenner ontvang ’n prys van R1000.
Die gedig moet in Afrikaans wees, dit moet jou eie werk wees en jy mag nie meer as twee gedigte instuur nie. Geen handgeskrewe tekste sal aanvaar word nie en gedigte moet verkieslik nie langer as een A4-grootte bladsy wees nie.
Gedigte kan ingehandig word by die Afrikaanse Taalmuseum, Pastorielaan 11, Paarl of e-pos dit na hgm@taalmuseum.co.za, of pos dit aan die Afrikaanse Taalmuseum, Posbus 498, Paarl, 7620.
Die sluitingsdatum is Vrydag 3 Junie. Inskrywingsvorms kan verkry word by die Taalmuseum. Navrae kan gerig word aan Catherine Snel by 872-3441.
More
News
|