Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Mans sewe jaar later aangekla

Mans sewe jaar later aangekla
 
2007-03-15


TWEE jong mans is verlede week van moord aangekla nadat ’n hawelose man in 2000 doodgeslaan is.

Christiaan Botha (23) en Hermanus van der Schyf (28) is in Januarie 2000 in hegtenis geneem in verband met die dood van Isak Stefanus, wie se lyk agter die Herberg Hotel in Bredastraat gevind is.
Hy is dood nadat hy ernstig aangerand is.

Van der Schyf en Botha, wat toe 16 jaar oud was, is toe aangekla van moord, maar weens onvoldoende getuienis is hulle vrygelaat.

Na ’n geregtelike nadoodse ondersoek is die saak heropen en ’n lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisname van Botha en Van der Schyf.

Hulle het egter die omgewing verlaat en die Paarl polisie se opsporingspan het uiteindelik vir hulle in Gauteng opgespoor. Hulle verskyn weer in die Paarl Streekhof.

* Two men have been arrested seven years after a Paarl murder.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za