Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ouma sien hoe kleinkind sterf

Ouma sien hoe kleinkind sterf
 
2007-03-15


“EK het haar handjie nog styf vasgehou toe die motor haar skep en van my af wegruk. Sy is deur die krag van die motor uit my hand weggeruk en deur die lug geslinger.”

So vertel ’n getraumatiseerde Magrieta Sias nadat haar kleindogter, Abigail Pietersen (7), voor ’n aankomende voertuig op die N1-snelweg beland het.

Abigail het Saterdag saam met haar grootouers by die Paarl Mall gaan inkopies doen.

Hulle was omstreeks 13:00 op pad terug na hul tuiste op die plaas Zanddrift-plaas naby Boschenmeer, toe die noodlot getref het.

“Daar was nie soveel verkeer op die pad nie en ek het gedink dat dit veilig is.

“Ons het oorgeloop en net toe ons anderkant die pad kom was ek effens voor Abigail, maar ek het haar hand steeds styf vasgehou.

“Ek het nie die motor sien aankom nie en net gevoel hoe word my kleinkind se hand van my af weggeruk.

“Haar liggaampie het meters ver deur die lug getrek en toe ek by haar lewelose liggaampie kom, kon ek sien dat sy dood is.”

Die blou kolle op Sias se hand is ’n stille bewys van hoe sy haar kleinkind se hand probeer vashou het toe die motor haar getref het.

Abigail het enkele maande gelede as graad een leerder begin skoolgaan by Ronwe Primęr.

Haar onderwyseres, Shereen Williams, het gesę dat ieder en elkeen by Ronwe platgeslaan is deur die dood van hul sprankelende leerling.

“In die kort tydjie wat Abigail hier skoolgegaan het, het sy reeds haar merk gemaak. Sy was ’n pligsgetroue, vriendelike en uiters behulpsame kind. Ons gaan haar verskriklik mis.”

’n Gedenkdiens is Maandag by die skool gehou.
Sy word oorleef deur haar ouers Paulina Pietersen en Adriaan Sias, asook ’n broer, Kerwin Pietersen (12).

’n Erediens vind Saterdag om 09:00 plaas op Zanddrift, waarna Abigail by die Parys-begraafplaas ter ruste gelę sal word.

* Nog ’n voetganger, Tommy Newman (37), is Donderdagmiddag op die N1 gedood. Hy het die snelweg oorgesteek naby die Agter-Paarl oorgangsbrug. ’n Aankomende vragmotor het hom getref en Newman is op slag dood.

’n Woordvoerder van die verkeersafdeling het gesę dat dit so goed is as om selfmoord te pleeg as jy die besige N1 probeer oorsteek.

“Motors ry tussen 120 en 140km per uur en as die voertuig dan vir jou tref staan jy geen ’ans op oorlewing nie.

“Onder geen omstandighede moet voetgangers dié gevaarlike pad per voet gebruik nie - alternatiewe en veiliger roetes moet gebruik word.”

* A little girl died in front of her grandmother while they crossed the N1 highway.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za