Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe erwe beoog

Nuwe erwe beoog
 
2007-03-15


‘n ONTWIKKELAAR beoog om 161 residensiële erwe op die plaas Palmhurst (erf 8398) suid van Newton te ontwikkel vir groepbehuising.

Daarvoor moet die stedelike struktuurplan vir die gebied gewysig word omdat die grond vir landbou gesoneer is en oorspronklik buite die munisipale gebied gelê het.

Die grond is geleë noord van die historiese plase Goede Hoop en Non Pareille. Die toegang tot die grond is uit die ou Paarl/Wellingtonpad.

Daar word op die terrein van 7,86 hektaar benewens vir behuising ook voorsiening gemaak vir ‘n stormwaterkanaal deur ‘n vleigebied op die terrein wat as private oop ruimte ontwikkel sal word.

Die bruto-digtheidsbepaling is sowat 20 eenhede per hektaar.
Die aansoek is tans ter insae by die kantoor van die Departement Beplanning en Ekonomiese Ontwikkeling in die Paarlse burgersentrum (navrae tel 021-807-4834).

Gemotiveerde besware, indien enige, moet teen Maandag 16 April ingedien word.

* Ander ontwikkelings wat tans in die pyplyn is in dié omgewing, is 150 erwe op 7,5 hektaar in Aurorastraat, en ‘n projek van 36 woonstelle in ses blokke op die hoek van Hoop- en Adamsstraat (Newton Village).



More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za