Kinders kan luister
2007-03-22
NA ‘n lang afwesigheid, kan alle peuters in KC-land weer naderskuif vir storietyd op Radio KC.
Maandag tot Vrydag, van 09:00 tot 09:30 is dit storietyd. Sondae tussen 08:00 en 09:00 bied Jolene ook ‘n storieprogram aan.
Radio KC begin ook eersdaags met ‘n Xhosa-program en verskeie jeugprojekte is ook in die pyplyn.
Kommentaar en insette op programme kan gepos word na Radio KC-programme, Postnet 162, Posbus X3036, Paarl 7620, faks na 021-871-1439 of skakel 021-871-1438.
More
News
|