Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leer van loopbane

Leer van loopbane
 
2007-03-22


OM leerders blootstelling aan die beroepslewe en verskillende werksgeleenthede te gee, hou die Weskus Wynland OBOS op Woensdag 28 Mart en Donderdag 29 Maart weer hul loopbaanuitstalling in die Paarlse Stadsaal.

Verteenwoordigers van universiteite, technikons, kolleges, staatsdepartemente en ander instansies sal teenwoordig wees om leerders raad te gee oor beroepe en studierigtings.

Uitstallings kan vanaf 09:00 tot 13:00 en weer 14:00 tot 17:00 op Woensdag en om 08:15 tot 13:00 op Donderdag besigtig word. Dit word gereël deur die Paarlse Skoolsielkundiges in samewerking met Paarl Tafelronde 44.

Die keuse van jou beroep is ongetwyfeld een van die belangrikste keuses wat jy in jou lewe maak. ’n Verantwoordbare behoort op voldoende selfkennis en kennis van die beroepswęreld te berus.

Selfkennis impliseer ’n realistiese begrip van jou vermoë,
belangstellings, waardes en persoonlikheid sodat suksesbelewing ’n bereikbare doelwit binne die gekose beroep kan word.

Graad 9-, 11- en 12-leerders sal die uitstalling in georganiseerde groepe besoek en ander leerders, ouers en die publiek is welkom.

Toegang is gratis.

Vir navrae kontak Danie Rabie by die Weskus-Wynland OBOS by 021-860-1200.

Die organiseerders bedank alle uitstallers vir hulle ondersteuning.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za