Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seer harte na atletiek

Seer harte na atletiek
 
2007-03-22


DAAR was baie seer harte na afloop van die Wes-Kaapse atletiekkampioenskappe vir laerskole op 10 Maart.

Agt kinders wat in die finale plekke behaal het, het eers ’n paar dae later uitgevind dat hulle nie die Wes-Kaap-span vir die SA atletiekkampioenskappe gehaal het nie.

Volgens ’n bron is die infrastruktuur by die terrein waar die SA Skolefederasie byeenkoms gehou word, beperk en moes die getalle beperk word.

Daarom is die Wes-Kaapse departement van sport ingelig dat die span met agt kinders gesny moet word.

Hierdie besluit is egter nie by die byeenkoms bekend gemaak nie.

Agt opgewonde kinders het eers later uitgevind hulle moet tuis bly.

“Die probleem is die groot talent wat in die Boland lê - soveel kinders kwalifiseer eintlik met goeie tye of afstande, maar almal kan nie geakkommodeer word nie, want elke provinsie kry ’n kwota,” het die bron gesê.



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za