Rocco at Simonsvlei
2005-05-19
PIANIS Rocco de Villiers sal musiekliefhebbers Woensdag om 19:00 vermaak by @ the N1, Paragon Cellar, Simonsvlei met sy buitengewone styl in instrumentele musiek.
Rocco is bekend vir sy vermoë om te meng en vermaak met cocktails (sy cocktailboek Roctails is een van die mees gesogte van sy soort).
Meeste van alles egter, geniet mense hom vir sy flambojante styl van klavier speel.
Rocco speel Afrikaanse Volkswysies in ’n moderne jazz-styl, Tangos soos “Jealousy Tango”, “Scent of a Woman” asook musiek van sy mees onlangse album, La Scala. Tussendeur vertel hy hoe dit was om ’n tiener op die platteland in die 1960’s en 1970’s te wees.
Rocco het onlangs ’n rooiwyn deur Beyers Truter genaamd RoccoRocco vrygestel, asook sy mees onlangse CD La Scala, opera areas verwerk vir soloklavier deur Rocco.
CD’s, boeke, en sy nuut vrygestelde wyn sal by die deur beskikbaar wees.
Komplimentêre cocktail by die deur. Kaartjies is R70 by Lynette Griessel, 863-3040 of 082-418-4748.
More
News
|