Wie gaan die kroon dra?
2007-03-22
DINSDAG was die laaste dag waarop meisies kon inskryf vir die Miss Winelands kompetisie.
Die semi-finaliste sal aangekondig word in die volgende Paarl Post.
Op Donderdag 29 Maart sal hulle ook te sien wees by Paarl Mall.
Die meisies sal voor Edgars wees van 17:00 tot 18:00, waar die publiek sal kan stem vir hulle gunsteling.
Die meisie wat dan as die gunsteling aangewys word, sal bekend staan as die ‘peoples choice’ en sal outomaties een van die 12 finaliste wees.
Op 21 April sal ’n fondsinsameling gehou word waar die 12 finaliste aangewys sal word. Hier kan die publiek dan kom kennis maak met die 12 finaliste en ook die oggend saam met hulle geniet.
Op 18 Mei sal die meisies en die borge ’n wynproe bywoon op Seidelberg wynlandgoed, sodat die finaliste en die borge amptelik aan mekaar voorgestel kan word.
Tussen 21 April en die gala-aand op 8 Junie, sal die finaliste die twee welsynsorganisasies ontmoet en kospakkies uitdeel by Athlone House of Strength en die Salvation Army se Island of Hope.
Die finale beoordeling van die finaliste sal plaasvind op 7 Junie en 8 Junie.
Sakemanne en privaat persone word dringend versoek om vroegtydig besprekings te doen van tafels vir 8 Junie in die Paarlse stadsaal.
Vir navrae of koop van kaartjies vir die ontbyt op 21 April, of aankoop van tafels vir die gala-aand, skakel organiseerder Rietha Kruger by 083-460-2324 of kyk op die web tuiste www@misswinelands.co.za of kontak per e-pos op info@misswinelands.co.za.
More
News
|