Gimmie verbeter rekord
2007-03-22
DIE Boland hoërskole atletiekspan het hierdie naweek groot sukses behaal tydens die Wes-Kaapse Kampioenskap in Bellville.
Die span het altesaam 140 medaljes gewen waarvan 61 goud was.
Onder die lang lys prestasies was Ilse Louw van Paarl Gimnasium wat tydens die meisies o.15 skyfwerp die Boland-rekord, wat 12 jaar al staan, met ’n uitsonderlike poging van 34,04m verbeter het.
More
News
|