Christusfees op Wellington
2007-03-22
DIT sal die sewende agtereenvolgende Christusfees wees wat die kerke en die gemeenskap van Wellington met Paastyd vier.
Die program begin op Donderdag 30 Maart met ‘n menseketting om 08:00 in die strate waar daar skole is. Die aand is daar ‘n fakkelloop en ook jeugdienste vir die laerskole (Hugenote Kollegesaal) en hoërskole (NG Kerksaal).
Op Vrydag 5 April word daar voedselpakkies uitgedeel by die NG Noord-gemeente en St Albans. Vrydagaand 6 April om 19:00 is daar ‘n Paasspele by VGK Wellington Dorp.
Sondag 8 April om 07:00 word ‘n Opstandingsbiduur in die Champagne-begraafplaas gehou.
Die aand om 19:00 vind ‘n feesdiens op Bolandstadion plaas, voorafgegaan met voorsang (17:00) en gaskunstenaar Neil Buchner (18:00).
Die afsluiting is die aand om 20:00 in die Flappie Lochner-saal.
More
News
|