HJS vernietig Hermanus
2007-03-22
DIE o.19A krieketspan van Hoër Jongenskool Paarl het verlede week tydens ‘n weg-wedstryd vir Hoërskool Hermanus op hul neuse laat kyk deur die tuisspan met tien paaltjies te klop.
Hermanus het eerste gekolf en ‘n treurige 132 lopies aangeteken voordat almal uitgehaal is.
HJS het met gemak die teikentelling nagejaag en 133 lopies sonder verlies behaal.
Peter Williams was een van die uitblinkers van HJS en het ‘n onoorwonne 97 lopies (6x13, 4x4) gemoker.
HJS se o.15A-span het tuis teen Hermanus kragte gemeet en die besoekers oortuigend met ses paaltjies oorrompel.
Die boulers van HJS het Hermanus se kolf-beurt tot ‘n skamele 85 lopies beperk met Pieter Stoffberg (6/5) en Heinrich Bojé‚ (3/22) wat grotendeels die verwoesting gesaai het.
Pierre Cronjé‚ was die beste kolwer vir HJS en het 28nun aangeteken.
More
News
|