Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Saamtrek vir Paasfees

Saamtrek vir Paasfees
 
2007-03-22


DIE VGK Bergrivier op Wellington beplan ’n saamtrek vir Paasfees wat beslis ’n verskil gaan maak.

Alle kerke, maar veral ook kinders en jongmense, word genooi na die byeenkomste van 4 tot 8 April.

Dit begin Woensdag 4 April om 19:30 met ’n jeugdiens gelei deur pastoor Eben Mourries. Om 18:00 is daar ’n optog van Spar in Vanwyksvlei, onder leiding van die kerkbrigade. Verskeie jeugtakke en kinders met baniere sal deelneem aan die optog.

Die Donderdag om 07:30 lei ds JC MacKay die Nagmaaldiens en die Vrydag om 08:00 word ’n Kruis-optog gehou van Mannies tot by die kerk. Om 10:00 hou ds MacKay die erediens.

Die middag om 15:00 word ’n opelugdiens gehou en om 18:00 is daar ’n Kruis-opvoering en geestelike dans by die kerk.

Die Saterdag om 10:00 hou die gemeente basaar en die aand om 19:00 is dit kampvuurtyd met sang en koortjies, gereël deur Koinonia.

Sondag om 06:00 lei ds MacKay ’n opstandingsdiens by die Pelikaanstraat begraafplaas en om 10:00 is daar ’n erediens by die kerk.

Die saamtrek word die middag om 15:00 afgesluit met ’n sangmiddag saam met Alban Pietersen, die Ayford-broers en vele ander.

Kontak Johan Wagenstroom (082-847-2225) of Sean Fortuin (073-890-9383).



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za