Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Besoek Paarlse museums

Besoek Paarlse museums
 
2005-05-19


VERVEELD op ’n Saterdagoggend? Hoe lank gelede het jy jouself nie al belowe om by die Paarl se plaaslike museums in te loer nie?

Wel, nou kan jy ’n goeie dosis kultuur inkry op ’n Saterdagoggend, aangesien Paarl Museum én die Afrikaanse Taalmuseum nou elke Saterdag oop is van 09:00 tot 13:00.

Die museums is boonop slegs vyf minute van mekaar geleë, aan weerskante van die Toringkerk, net ’n klipgooi vanaf die Hoofstraat.

Hierdie week is juis Internasionale Museumweek, ’n week wat daarop ingestel is om almal te herinner aan ons diverse kulturele erfenis.

Die tema van Paarl Museum is die geskiedenis van die dorp - die derde oudste Europese nedersetting in Suid-Afrika.

Die museum se uitstallings werp ’n nostalgiese terugblik op die dorp se ryk en uiteenlopende geskiedenis.

Dit begin by die vroeë men- se, Homo erectus, die latere Khoekhoen en San groepe, en kyk ook na die veranderinge wat plaasgevind het ná die totstandkoming van die Europese nedersetting, insluitende slawerny.

Die museum is geleë in ’n Kaaps-Hollandse huis wat uit die 18de eeu dateer en beskik oor ’n uitstekende versameling van Kaapse oudhede, artefakte, dokumente en foto’s. Die huidige gebou is reeds in 1939 gerestou- reer en as ’n museum ingerig.

Die Afrikaanse Taalmuseum bestaan vanjaar al 30 jaar, maar die museum se uitstallings verander gedurig - net soos Afrikaans self!

Die onderste verdieping van dié eertydse huis van Gideon Malherbe, een van die stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA), is in ’n groot mate gerestoureer en ingerig soos dit in 1875
was, toe die GRA in hierdie huis gestig is.

Die museum huisves ook ’n drukpers waarop een van die eerste Afrikaanse koerante, Die Afrikaanse Patriot, gedruk was.

Die boonste verdieping word benut om die ontwikkeling van Afrikaans, sy variante en sy verskillende uitinge voor te stel.

Die nuwe multi-media uitstalling getiteld Afrikaans: ’n reënboogtaal is ’n opwindende toer deur die verlede en hede van Afrikaans.

Hier kan jy jou kennis toets van idiome en gesegdes, luister hoe verskillende mense oor die land heen Afrikaans op hul eie unieke manier praat, én selfs ’n voorbeeld sien van die eerste geskrewe Afrikaans...

Vir meer inligting oor Paarl Museum, skakel 872-2651. Die Afrikaanse Taalmuseum kan gekontak word by 872-3441.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za