Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Arts Calendar

Arts Calendar
 
2007-03-22


Kuieraand: In Vino Veritas is ’n kuieraand Vrydag van 19:30 by Nelson’s Creek. Die kunstenaar is Deon Botha, met Elsabe Aldrich as seremoniemeester. Navrae en besprekings by Mariana van Niekerk, 083-302-5612 of e-pos custadm@mweb.co.za.

Kunsgeselsie: Laura du Toit, bekende pottebakker gesels oor die kuns van klei by die Stellenbosse Kunsvereniging se vergadering op Woensdag om 19:00 in die Sasol US Kunsmuseum. Die publiek is welkom. Vrae en gesprek oor Du Toit se werk, die inspirasie wat sy uit die elemente put en haar tegniek asook ontwikkelingsrigtings in die kleikuns sal plaasvind.

Sangers: Roy Elliot en Jackie Louw tree Saterdag op by Welbedacht Schalk Burger & Sons Wynkelder, Wellington. Tyd 18:00 vir 18:30. Kaartjies R60 pp. Navrae 021-873-1877.

Stoutstes: Drie van die Stoutstes - Thys die Bosveldklong, Vicus van der Merwe en Zak van Niekerk - tree Donderdag 19 April om 19:00 in die SAPD ouditorium, Paarl op. Bespreek by Ronnie (083-498-6576) en Elana (082-498-6576).

Revue: Singing sensation Zenobia Kloppers can be heard in a her new solo music revue, ‘Black & Blue’, at the Durbanville Kunskafee from 18 to 21 March. The show is preceded by a specially designed 3-course set menu available to patrons who wish to wine and dine from 19:00 to 21:00. Book your ticket for the show in advance at Computicket to avoid disappointment. For dinner reservations contact Lindi at the Durbanville Kunskafee at 021-979-3131.

Sangaand: Reach Out Ministries hou ’n sangaand in die Breakthru-saal op Wellington op Saterdag 31 Maart om 19:00. Toegang is R10 (kinders R7). Kontak Randal Williams (082-586-4643) of Sonita Burger (072-382-7573.

Simonsvlei: Die Uwe Pottie Potgieter is op 24 Mei by Simonsvlei, en op 26 Mei is dit A Tribute to Cat Stevens. Bespreek by Lynette Griessel, 021-863-3040 of lynette@simonsvlei.co.za.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za