Boeremusiek marathon
2007-03-22
DIE Boeremusiekgilde se volgende dans is op Vrydag 30 Maart. Dit word gehou by Noord-Eind Laerskool van 20:00 tot 01:00. Die orkes van Danie Hoffman sal die musiek verskaf.
Dit gaan ’n ‘hoede’-dans wees en hulle gaan ’n prys gee vir die beste hoed.
Bespreek by Ciceel, 083-346-7083.
’n Boeremusiek Marathondag word beplan vir Saterdag 21 April op Laerskool Noord-Eind se sportveld.
Mense wat belang stel in stalletjies vir die dag, teen R100, kan Ciceel skakel vir ’n aansoekvorm.
Hulle kan ook vir Johann Wentzel skakel by telefoon 083-357-4552 vir meer navrae.
Daar gaan vyf of ses orkeste wees wat om die beurt die hele dag gaan musiek maak.
Stalletjies en hope vermaak vir oud en jonk, word in die vooruitsig gestel
More
News
|