Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skelm kopers geteiken

Skelm kopers geteiken
 
2007-03-22


“OM gesteelde goedere te koop of selfs sulke goedere net in jou besit te hê, maak jou net so skuldig soos die diewe self.”
So sê ’n woordvoerder van die polisie oor die toename in gesteelde goedere wat op straat aangebied word.

Misdadigers verkoop hul gesteelde ware aan skuldige sowel as onskuldige kopers wat die geleentheid aangryp om ’n winskoop te maak.

Maar as enigiemand met gesteelde goedere betrap word, ongeag of hulle bewus was dat dit gesteel was of nie, kan hulle aangekla word van besit van gesteelde goedere.

As ’n persoon hieraan skuldig bevind word, kan dit lei tot gevangenisstraf.

So ’n geval word tans ondersoek teen ’n bekende sakeman van die Paarl.

Dit spruit uit ’n voorval wat meer as ’n jaar gelede plaasgevind het toe ’n verslaggewer van die Paarl Post in Fairyland aangeval is, met ’n mes gedreig is en van haar kamera beroof is.

Die aanvaller het met die kamera ter waarde van sowat R12 000 tussen die huise verdwyn.

Aan die einde van verlede jaar het die verslaggewer ’n vryskutfotograaf raakgeloop wat in die besit was van ’n kamera soortgelyk aan die een wat van haar geroof is.

By nadere ondersoek is daar vasgestel dat die kamera wél die een is wat in Fairyland gesteel is.

Die spoor het hierna gelei na John Martin Photographic Studio, in die Bergrivier Boulevard.

Martin het die kamera onder omstandighede wat nou ondersoek word, ontvang, en dit daarna na bewering aan die vryskutfotograaf geleen.

Die reeksnommer is professioneel van die kamera verwyder, maar by dié digitale kameras bly die reeksnommer ook in sy geheue gestoor.
Die polisie werk dus met sterk leidrade.

In nog ’n voorval is vier minderjariges in hegtenis geneem toe hulle vermoedelik gesteelde goedere aan Paarl Spares in Drommedarisstraat probeer verkoop het.

Die eienaar van Paarl Spares, Andy Warwick, vertel hoe die tieners Donderdagoggend by hom aangekom het met ’n munisipale vullisdrom wat vol gelaai was met verskeie gereedskapitems.

Heel onder in die vullisblik was ’n Honda kragopwekker wat in goeie werkende toestand was.

“Die seuns wou slegs R100 vir al die toerusting hê wat ’n geskatte waarde van ongeveer R5000 het. Ek het sommer dadelik onraad vermoed.

“Ek het gemaak asof ek belang stel en vir hulle gevra om na binne te kom sodat ek die goed mooi kon deurkyk. Toe ons na binne loop, het ek vir my assistent gefluister om dadelik die polisie te bel.

“Hulle was binne enkele minute op die toneel en die seuns is aangekeer met die gesteelde goedere.”

By nadere ondersoek is dit bevestig dat die toerusting wat aan Warwick aangebied is, wel gesteel is.

Die publiek word gemaan om nie betrokke te raak by dié onwettige handel nie. Enige onreëlmatighede kan by die plaaslike polisiekantore gerapporteer word, of die Crimestop-nommer kan geskakel word by 086-001-0111. Alle inligting sal vertroulik wees.

* Police are investigating the possibility that local shopkeepers are buying stolen goods. They have warned that the possession of stolen goods is illegal.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za